Om vas te stel of u kwalifiseer om na Australië te emigreer, vul asseblief die vraelys hieronder in.
Ons gratis Australiese geskiktheidsraming is ontwerp om te bepaal wat die aangewese weg is om met u spesifieke visumaansoek te volg. Ons vraelys sluit die kriteria van die Australiese Departement van Immigrasie en Burgerskap in. Sodra u die vorm ingevul het, word u besonderhede deur ’n geregisteerde migrasieagent nagegaan, wat per e-pos ’n verslag aan u sal stuur.
Neem asseblief kennis dat dié gratis raming nie omvattende migrasie- of regsadvies insluit nie. U behoort nie net op dié resultaat te steun as ’n ware aanduiding van u geskiktheid om vir emigrasie na Australië aansoek te doen nie. Dit is u verantwoordelikheid om ons van ‘n epos adres te voorsien waarheen ons konfidensiele inligting kan stuur.
Die volgende stap
Om ’n realistiese bepaling te bekom van u geskiktheid om na Australië te emigreer, met inbegrip van duidelike opdragte oor hoe om aansoek te doen om ’n spesifieke visum, kies asseblief een van die volgende opsies:
Persoonlike onderhoud
Besoek ons by ons kantore in Brisbaneof die Gold Coast, Australia. Die tarief vir ‘n evalueringonderhoud is AU$250 (BTW ingesluit) vir ’n uur. Om ’n afspraak te maak, bel +61 7 5591 0309 of stuur e-pos aan mail@visasrus.com.au.
Telefoononderhoud
E-pos of bel ons om ‘n telefoonkonferensie te reël en ons sal jou op die vastelde tyd terugbel. Die tarief vir ‘n telefoononderhoud is AU$200 (BTW ingesluit) vir ’n uur plus die koste van die oproep. Tel: +61 430 28 56 56 of e-pos: mail@visarus.com.au
Aanlyn emigrasieraming en -advies
Ons voorsien ook omvattende aanlyn emigrasieramings en –advies teen AU$200 (BTW ingesluit) per evaluering. Om ’n omvattende aanlyn-raming te versoek, stuur asseblief ’n e-pos aan: letitia@visasrus.com.au
U voorlopige onderhoud sal u voorsien van genoeg inligting om jou eie visumaansoek te doen. As u ná die voorlopige onderhoud besluit om ons dienste te bekom, sal die aanvanklike onderhoudgelde afgetrek word van die totale dienstarief. Die koste van jou visumaansoek hang af van die aard van jou aansoek, die ingewikkeldhede en die werklike tyd wat dit sal neem om die aansoek voor te berei vir indiening.