Welkom

Welkom by Visas-R-Us, jou eenstop-immigrasieagentskap wat jou ’n persoonlike en doeltreffende reeks dienste bied om jou verhuising na Australië te vergemaklik.

Ons weet dat die besluit om te emigreer nie maklik geneem word nie en grootskeepse beplanning verg. Ons weet ook hoe opwindend dit is om ’n nuwe lewe te begin in “die gelukkige land”, want dit is juis wat ons besturende vennoot presies tien jaar gelede gedoen het.

Ons advies is nommerpas vir elke individu. Ons volg ’n praktiese benadering wanneer ons die regsvereistes van jou immigrasie bespreek. Jou unieke omstandighede en vereistes word in ag geneem.
 
Sien wat ons kliente van ons dienste dink op on "Services" blad.
 
"Jy kan nog een gelukkige immigrant by jou versameling voeg wat jy gehelp het om hier te kom. Dankie." ERIKA GOOSEN 

Ons dienste

    Quick Enquiry

    ClickCalling - Call Us For Free Now!
    Call us for free now!
     
  • Besigheids Emigrasie Visas
  • Geskoolde Emigrasie Visas
  • Werkgewer-Genomineerde Visas
  • Studente Visas
  • Familie Emigrasie Visas
Ons koste-effektiewe dienste sluit hulp in met:
  • Voorbereiding en indiening van die mees geskikste visumaansoek vir jou
  • Navorsing oor sakegeleenthede
  • Opstel van sakeplanne
  • Finansiering (vir visa aansoek en besigheid)
  • Jou bekendstelling aan ondersteuningsnetwerke in Australië
  • Sake- en bemarkingsdienste om jou besigheid in Australië te vestig

Direkte aansoeke in Australië

Die Australiese immigrasiewette is ’n komplekse afdeling van die reg. Ons beskik oor ’n indiepte-kennis van die Australiese immigrasiereg. By Visas-R-Us het jy die versekering dat ‘n ten volle gekwalifeerde en geregistreerde agent jou aansoek sal hanteer. Die waarde van ’n Geregistreerde Australiese Immigrasieagent lê daarin dat jy vooraf kan seker maak van jou vooruitsigte om ’n visum toegestaan te kry voordat jy die amptelike nie terugbetaalbare migrasietarief moet betaal.

Aangesien ons in Australië gebaseer is, dien ons aansoeke direk in by die betrokke kantoor van die Departement van Immigrasie en Burgerskap(DIMC).

By Visas-R-Us is ons doel om die stres uit jou verhuising te haal. Ons kan u selfs help met finansiering.
GRATIS
geskiktheidsraming
 

Kliek hier


Brisbane Johannesburg
London Toronto
 
 
 
  
 
Letitia de Lima

Migration Agent Reg. No. 0742045

Click here for the Migration Agents' Code of Conduct
Copyright 2007 Visas R Us . All rights reserved | Privacy Policy | Disclaimer
Web Design Gold Coast | Snowball Internet.        Powered by webEFEKTs.