Welkom

Welkom by Visas-R-Us, jou eenstop-immigrasieagentskap wat jou ’n persoonlike en doeltreffende reeks dienste bied om jou verhuising na Australië te vergemaklik.

Ons weet dat die besluit om te emigreer nie maklik geneem word nie en grootskeepse beplanning verg. Ons weet ook hoe opwindend dit is om ’n nuwe lewe te begin in “die gelukkige land”, want dit is juis wat ons besturende direkteur in 1996 gedoen het.

Australiese wetgewing is dinamies en word gereeld opgedateer om veranderende ekonomiese omstandighede en die land se behoeftes in ag te neem. Ons volg ’n praktiese benadering wanneer ons die regsvereistes van jou immigrasie bespreek. Ons maak seker dat ons met die jongste feite werk, neem jou unieke omstandighede en vereistes in ag, en beplan jou individuele immigrasie plan rondom jou behoeftes.

Sien wat ons kliente van ons dienste dink op on “Services” blad.

“Jy kan nog een gelukkige immigrant by jou versameling voeg wat jy gehelp het om hier te kom. Dankie.” ERIKA GOOSEN

Ons dienste

  • Besigheid en Beleggings  Visas
  • Geskoolde Emigrasie Visas
  • Werkgewer-Genomineerde Visas
  • Eggenote, de Facto en Verloofde
  • Familie Emigrasie Visas (ouers, kinders, bejaarde afhanklike familielid)
  • Burgerskap aansoek
  • Hersienings Tribunaal verteenwoordiging

Ons koste-effektiewe dienste sluit hulp in met:

  • Voorbereiding en indiening van die mees geskikste visum aansoek vir jou
  • Navorsing oor sakegeleenthede
  • Opstel van sakeplanne & aansoeke vir Staats ondersteunde borgskap
  • Jou bekendstelling aan ondersteuningsnetwerke in Australië
  • Vaardigheids assessering in Australia en registrasie indien nodig
  • Voorbereiding vir die Engelse toets
  • Resume / Curriculum Vitae

MARA geregistreerde agent:

By Visas-R-Us het jy die versekering dat ‘n gekwalifeerde en MARA geregistreerde agent jou aansoek sal hanteer. Die waarde van ’n geregistreerde Immigrasieagent lê daarin dat jy jou spesifieke vooruitsigte om ’n visum toegestaan te kry kan bepaal voordat jy enige kostes aangaan en die nie terugbetaalbare tariewe vir vaardigheidsassessering, Engelse toets of visa aansoek, betaal.

Geregistreerde migrasie-agente weet hoe om ‘n visum-aansoek voor te berei en in te dien vir die beste kans op sukses. Hulle werk kan dit vir die Departement makliker en vinniger maak om jou aansoek te assesseer.

‘n Geregistreerde migrasie-agent kan jou help om vir ‘n visum aansoek te doen deur:

  • Te verduidelik watter visumopsies vir jou beskikbaar is en die beste visum-opsie vir jou aan te beveel;
  • Hulp en leiding in die voorbereiding van dokumente vir jou visum-aansoek;
  • Kommunikasie met die Australiese Departement van Binnelandse Sake om u saak te bespreek of duidelikheid te kry oor ‘n spesifieke saak;
  • Die voorbereiding en indiening van ‘n visum aansoek vir jou of ‘n Staatsborgskap;
  • Jou verteenwoordig in, of voorbereiding vir, sake voor ‘n Hersienings Tribunaal (AAT/MRT/TRT) met betrekking tot ‘n visum aangeleentheid.

Ons het 15 jaar ondervinding in immigrasie wetgewing in Australia, en het vele immigrante verteenwoording voor die AAT/MRT/TRT met positiewe uitkomstes.  

Ons dra u belange op ons harte.

Questions

If so, fill out the form below, and we'll get back to you: